Nick Meyer werk aan `n geheime dwelmsaak toe hy sy nuwe buurvrou, Suné Strauss, ontmoet. In opdrag van sy bevelvoerder doen hy moeite om sy blonde buurvrou te bevriend, maar gou voel dit nie meer soos werk wanneer hy by Suné is nie. Boonop kan hy net met groot moeite sy hande tuis hou. En hy weet sy voel presies die selfde, maar na haar mislukte huwelik is sy bang vir liefde. Kan twee warmbloedige grootmense regtig bloot `n platoniese vriendskap hê? Is dit moontlik om `n kontrak te laat opstel om liefde te verbied….?