Lorinda de Waal se sprokieshuwelik het in `n nagmerrie ontaard. Haar eens saggeaarde, lieftallige man is deur drank in `n monster verander, wat uiteindelik lei tot `n tragedie wat twee lewens eis: die van haar man en ongebore baba.
Platgeslaan vlug sy weg uit haar bekende wêreld onder die liefdevolle vlerk van Gustav Brink. Maar net toe sy oplaas weer heel is, haal haar gru-verlede haar in in die vorm van die aantreklike popgroepleier, Gareth Banning, wat ontstellend baie na haar oorlede man lyk. Om alles te kroon, ontsien Gareth niks om die blaam van haar man se dood voor haar deur te lê nie.
Dan gryp die lewe op `n vreemde manier in en dwing almal om die waarheid vierkant in die oë te kyk.
My Middernagmelodie, deur die talentvolle nuwe skryfster, Wilmarí Jooste, is `n roerende verhaal van opregte, onselfsugtige liefde, ware vergifnis, en die vryheid wat die waarheid bring.